SportSport

Potch atlete maak stem dik by ACNW Landloopkampioenskappe

By die laerskole is Janco Proctor – 0.9 (Laerskool Baillie Park) en Christiaan Liebenberg - 0.10  (Laerskool Mooirivier) albei wenners.

Atletiek Sentraal Noordwes (ACNW) se landloopkampioenskappe het die afgelope Saterdag, 3 September by die Fanie du Toit Sportgronde plaasgevind met talle plaaslike deelnemers wat in verskeie kategorieë geskitter het.

By die laerskole is Janco Proctor – 0.9 (Laerskool Baillie Park) en Christiaan Liebenberg – 0.10  (Laerskool Mooirivier) albei wenners.

By die hoërskole vat Gimmies se Abbigail Viljoen (o.15), Alri Verster (o.16) en Ilane Herbst (o.17) eerste plekke.

Tihard Strydom (seuns o.15) het ‘n tweede plek vir Gimmies behaal.

Silvermedaljes gaan aan Fredrich Liebenberg (o.8 – Mooirivier), Alrike Hattingh (o.10 – Mooirivier), Tedrich Hattingh (o.10 – Mooirivier), Inneke Liebenberg (o.12 – Mooirivier), Tihard Strydom (o.15 – Gimmies) en Rico Leijenaar (o.17 – Gimmies)

Giovanni en Marco van de Wall van Redwood College. Foto: Mario van de Wall.

Bronsmedaljes is vir Lelanie Martens (o.8 – Laerskool Baillie Park), Jua Jonker (o.9 – Laerskool Baillie Park), Lihann Kemp (o.9 – Laerskool Baillie Park), Mathila Liebenberg (o.14 – Gimmies), Anchen Schutte (o.15 – Gimmies) en Bertus van der Linde (o.15 – Gimmies) beskore.

By die junior mans (8km) vat Jaycee Farmer (NWU) die eerste plek. By die Vroue o.23 afdeling domineer die NWU met Stephany Petro (eerste), Hester Lombard (tweede) en Leonore Lubbe (derde) wat almal podiumplekke behaal.

In die mans o.23 afdeling vat Christopher Swart (NWU) die eerste plek met Nicholas de Scally (NWU) tweede. Rouxan le Roux van Potch Track Club kom derde.

By die senior vroue (4km) is Imke van Rooyen eerste met Dineo Tshehla in die tweede plek. By die senior mans 4km is Kim Mdumiseni (NWU) eerste en Itumeleng Sesiko (NWU) tweede.

In die vroue 40-44 kategorie vat die ervare Minette Bell die eerste plek in haar kategorie. Mariette Hitge (50-54) sowel as Lien van der Merwe (55-59) vat ook goud.

In die mans 40-44 afdeling vat Rick le Roux die eerste plek met Berts Bricks se Jaco Barnard vat die derde plek vat.

In die mans 45-49 afdeling is Rikus Hattingh eerste met Melvyn Diedericks (Promosa Atletiekklub) in die derde plek.

Cor Leijenaar (mans 50-54) vat ook ‘n eerste plek in sy afdeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button