SportSport

Drie titels vir Buiteklub Tennis se klubkampioen

Lenthea Kamffer is as die dames enkelspel, dames dubbelspel en gemengde spel kampioen gekroon.

Potchefstroom Buiteklub Tennis het onlangs hulle 2022 Klubkampioenskappe aangebied en hier het een dame sommer drie titels verower.

Lenthea Kamffer is as die dames enkelspel, dames dubbelspel en gemengde spel kampioen gekroon.

Kamffer het die dames dubbelspel saam met Hilda van Antwerpen gewen en die gemengde spel saam met Jannie Geldenhuys.

Gerrit Els (manswenner) en Jannie Geldenhuys (naaswenner)
Lenthea Kamffer het die dames enkelspeltitel verower. Saam met haar is Gerrit Els (mans enkelspelwenner en klubvoorsitter.)

Die nuwe voorsitter van die klub, Gerrit Els, is ook as die mans enkelspelkampioen gekroon nadat hy vir Jannie Geldenhuys in ‘n naelbyt eindstryd in drie stelle geklop het. Die telling was 6-1, 4-6, 6-0 in Els se guns.

Die klub se algemene jaarvergadering het ook die naweek op 3 Saterdag, 3 September plaasgevind. Dit is hier waar Els tot voorsitter van die klub verkies is.

Die uitslae van die Klubkampioenskappe is as volg:

Dames enkelspel:

Kampioen: Lenthea Kamffer

Naaswenner: Ciska Tromp

Dames dubbelspel:

Kampioene: Hilda van Antwerpen & Lenthea Kamffer

Naaswenners: Louisa Grimbeek & Renette Kingston

Derde: Andriette van der Berg & Ciska Tromp

Mans enkelspel:

Kampioen: Gerrit Els

Naaswenner: Jannie Geldenhuys

Mans dubbelspel:

Kampioene: Gerrit Els & Danie Anthony

Naaswenners: Dolf van der Bergh & Nico Gernandt

Gemengde dubbelspel:

Kampioene: Jannie Geldenhuys & Lenthea Kamffer

Naaswenners: Danie Anthony & Louisa Grimbeek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button