Die Potch Panthers, ‘n sewesrugbyspan, wat tussen 30 September en 1 Oktober by die gewilde Klerksdorp sewestoernooi gaan speel het, het onoorwonne teruggekeer Potch toe.
Die Panthers, het in die Klub 3 afdeling gespeel en al hulle wedstryde gewen.
“Ek kan nie genoeg dankie sê vir die spelers se harde werk nie, die ouens het gewys wat in hulle sit. Ons is baie trots. Om jou eerste jaar as Klub 3 beker kampioene weg te stap sê baie. Volgende jaar gaan ons natuurlik opgaan Klub 2 toe, en ons gaan nog n span bysit, wat weer by Klub 3 sal speel. Ons kyk ook moontlik daarna om Cape Town 10’s by te woon volgende jaar,” het Ruan Vermaak, spanbestuurder va ndie Panthers gesê.
Die Netbalspan verbonde aan die Panthers het ook aan dié toernooi deelgeneem. Ook hulle het oral, goud huistoe gebring. Diegemengde span sowel as die damesspan het eerste plekke in hulle onderskeie afdelings behaal.

“Meer trots kan geen afrigter wees nie. My mense het ure van bloed en sweet tydens oefeninge gewys. Ons het die hele toernooi met vaardighede en spanwerk gedomineer. Ons lywe is steeds seer maar ons netbalharte bokspring,” het Netbalafrigter Heleen Humpel oor die toernooi gesê.
“Soos voorheen gesê was, hierdie toernooi beslis die beste verskoning om bier saam met pelle te drink,” het Niekie Pullen van die Panthers geskerts.



