SportSport

Volkies se o.15 A’s veroorsaak dubbele krieketvreugde teen Gimmies

Schalk Pienaar (2/19) in 8 boulbeurte en Olefa Padi (2/18) in 7 beurte was van die uitblinkers met die bal. 

Volkies se o.15A krieketspan is nes hulle eerste krieketspan ook die NW wenners toe hulle vir Gimmies op Woensdag, 19 Oktober met 67 lopies geklop het.

Danksy ‘n top boulvertoning op Volkies se tuisveld kon hul vir Gimmies vir 125 almal uitboul. Gimmies se Divan van Eldik het met 45 (85) moedig geveg, maar sy paaltjie met die telling op 101/5 het vir ‘n kolfineenstorting gesorg.

Volkies se o.15 A krieketspan is ook die Noordwes wenners nadat hulle vir Gimmies geklop het. Foto: Verskaf

Schalk Pienaar (2/19) in 8 boulbeurte en Olefa Padi (2/18) in 7 beurte was van die uitblinkers met die bal.

In ‘n wedstryd waar die tellings laag was, het Volkies net tot by 192/8 gekom, maar toe bewys dat hul bouaanval genoeg skietgoed het.

Ruan Smit se 46 (81) en Louis van Wyk se 34 (50) was waardevolle bydrae in Volkies se kolfbeurt. Zandre da Silva se 2/33 in 10 boulbeurte was een van Gimmies se hoogtepunte op die dag.

Volkies kan nou behoorlik feesvier na hul nou albei A-titels verower op die krieketveld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button