Krieketgeskiedenis is op Maandag, 31 Oktober in Potchefstroom by die JB Marks Oval gemaak toe die Titans en Knights ‘n nuwe wêreldrekord opgestel het vir meeste gesamentlike lopies (501) in ‘n T20 wedstryd.
Die Titans het die hierdie T20 uitdaagreeks wedstryd met 41 lopies gewen, maar dit was bysake omdat alle oë op die 19-jarige Titans kolwer, Dewald Brevis was.
Brevis het die hoogste T20 telling vir ‘n Suid-Afrikaner en 3de hoogste en vyfde vinnigste in geskiedenis aangeteken met ‘n ongelooflike 162 van 57 balle. Sy skouspelagtige beurt het 13 viere en 13 enorme sesse ingesluit en sy span na 271/3 in 20 boulbeurte geneem.
Boonop het hy ook ‘n uitstekende vangskoot in die veld benut en ‘n paaltjie geneem.

Die Knights haal 230/9 in hul 20 boulbeurte op ‘n dag waar kolwers amok gemaak en die leer behoorlik van die krieketbal afgeslaan het.
‘n Pluimpie moet ook aan die Noordwes Krieket se hoof veldopsigter, Louis Kruger, gegee word wat ‘n puik kolfblad opgelewer het vir hierdie skouspelagtige stryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





