Atletiek Sentraal Noordwes (ACNW) het Saterdag, 29 Oktober vir ‘n leersame ervaring van hoë kwaliteit gesorg toe hulle ‘n ASA vlak 1 en 2 kursus by die NWU McArthur-station aangebied het. 398 deelnemers het vir hierdie kursus ingeskryf wat beide voordelig vir afrigters en atlete was.
Video: Wouter Pienaar
Die afrigters wat hulle kennis gedeel het, was Shaun Bownes, Martin Marx, Roger Haitengi (Namibiese mans driesprong rekordhouer), Jaun Strydom, Eben Vermaas, Samuel Sepeng en Leon Rheeder.
Foto’s: Wouter Pienaar
Skole van reg oor Suid-Afrika het aan hierdie kursus deelgeneem en hulle kennis opgeskerp. Hierdie skole sluit in Hoërskool Rustenburg, Affies Seuns, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Stella, Bryanston, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Schweizer sowel as verskeie laerskole in die Johannesburg area. Daar was ook afrigters en atlete van Botswana wat deelgeneem het.









