SportSport

Volkie haal SA Skole krieketspan na uitstekende o.19 Khaya Majola-week

Schuld is die enigste speler van Noordwes wat die SA Skolespan haal.

Volkies se staatmaker aanvangskolwer, Ludwich Schuld, is die enigste speler van Noordwes wat die SA Skolespan vanjaar behaal na hy ‘n uitstekende toernooi vir sy provinsie tydens die o.19 Khaya Majola Krieketweek vanaf 15-18 Desember in Stellenbosch beleef het.

Schuld slaan 141 lopies teen ‘n gemiddeld van 70.50 en kolftempo van 115.57. Hy teken ook ‘n honderdtal aan.

Schuld is ook vir die Cubs span gekies, met Corné Prinsloo (Volkies), Bathabile Masigo (Die Wilge), Tumelo Makume (HTS Vall Reefs) en Rico Fryer (RHS) wat ook NW-spelers is wat deel van hierdie gekombineerde span maak.

Rico Fryer ,Corne Prinsloo, Bathabile Masigo, Ludwich Schuld en Tumelo Makume.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button