SportSport

Oud-Gimmie internasionaal vereer as beste opkomende krieketspeler

In toetskrieket het hy alreeds in 10 toetse 41 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 21.65 behaal.

Die oud-Potch Gimmie krieketkaptein en Proteaspeler, Marco Jansen, is die afgelope week ‘n groot eer toegedien toe hy as die Internasionale Krieketraad (IKR) se Opkomende Speler van die Jaar
aangewys is.
Hierdie is ‘n massiewe internasionale toekenning vir Jansen, wat bewys dat hierdie 22-jarige beslis nog vir lank kolwers op hulle tone sal hou en boulers ietwat senuweeagtig met sy kolfvermoë sal laat.

Die 2.06 meter Protea linkerarm snelbouler en regterhandse laerorde kolwer het in 2022 in sy eerste volle jaar as ‘n Protea die koppe laat draai met sy briljante vertonings.
In 2022 het hy 39 paaltjies in internasionale krieket geneem, met beste boulsyfers van 5/35 teen Engeland
op die Oval.
Hy het ook 234 lopies gemoker en bewys dat hy stabiliteit en balans in die Proteas toetsspan bring.

Sy lengte en linkerarmswaai is ook beslis ‘n groot troefkaart vir die Proteas – as hy aanhou verbeter dan kan hy een van Suid-Afrika se top veelsydige spelers word. Hy het alreeds ‘n goeie krieketbrein op sy skouers en was nog altyd sedert sy skooldae ‘n harde werker wat alles insit om sy doelwitte te bereik.

Marco Jansen het in 2022 ‘n besonderse jaar op
die krieketveld op toetsvlak beleef. Hy is as die
Internasionale Krieketraad (IKR) se Opkomende
Speler van die Jaar aangewys. Foto: Clive Rose/
Getty Images.

In toetskrieket het hy alreeds in 10 toetse 41 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 21.65 behaal. Sy treftempo van 39.7 is ook indrukwekkend. Hy het ook teen Australië sy eerste vyftigtal op die MCG geslaan toe hy moes vasbyt en sy span weer op
dreef bring na hulle vroeg paaltjies verloor het.
Sy 59 het van karakter getuig en bewys dat hy die tegniek het om lang periodes te kan kolf.

2023 gaan beslis ‘n opwindende jaar vir Jansen wees soos hy voortbou aan sy indrukwekkende internasionale krieketloopbaan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button