SportSport

NWU oortuigende oorwinnaars

Die NWU het Maandagaand, 27 Februarie, die ou vyand 'n groot pakslae gegee. 

Die NWU het Maandagaand, 27 Februarie, die ou vyand ‘n groot pakslae gegee.

NWU en Shimlas speel al vir jare teen mekaar Intervarsity wedstryde, om met ‘n telling van 63 – 16 te wen, behoort een of ander rekord te wees.

Die NWU het nege drieë voor hulle tuisskare gaan druk. Op tye het die NWU dit maklik laat lyk, veral een van Keano Windvogel se onderskep drieë wat binne die NWU se eie kwartgebied begin het. Shimals was ‘n groot toets vir Burger van der Westhuizen se troepe, aangesien hulle (Shimlas) net die vorige week, naelskraap teen die verdedigende kampioene, Tuks gewen het.

“Shimlas, is nie ‘n maklike span om teen te speel nie. Hulle het ‘n goeie aanval en vrae baie vrae aan ‘n verdediging,” het Burger van der Westhuizen, hoofafrigter van die NWU gesê.

Die NWU het hulle verdedigingsdruk gebruik om ‘n groot aantal van hulle drieë te gaan druk. Onderskeppe of omkeer besit wat geskop en gejaag word het die NWU goed  teen die ou vyand te staan gekom.

Die statistieke wys dat die NWU baie meer tyd in hulle eie helfte spandeer het, en ook baie meer duikslae as die Vrystaters moes uitoefen.

“Jean Tiedt se verdediging was deurslaggewend. Sy voorbereiding het ons die oorhand gegee,” het Van der Westhuizen gesê.

Die NWU is na twee wedstryde bo aan die punteleer, hulle is gelyk op punte saam met Wits wat teen verwagting Maandagaand teen hulle bure UJ gewen het. Die Potchefstromers se punteverskil is ver bo enige ander span in die kompetisie.

Die NWU se volgende wedstryd is weer langs die oewer van die Mooirivier, teen Maties. Maties sal dinge wil regstel nadat hulle bietjie teen CUT gegly het. Die manne van Stellenbosch, het naelskraap teen die Bloemfonteiners verloor.

“Hierdie is ‘n baie spesiale groep spelers, die uitdaging is om almal se voete nou op die grond te hou. Die wedstryd teen Maties gaan deurslaggewend wees,” het Van der Westhuizen gesê.

Volgende week se wedstryd teen Maties skop om 19:00 by die Fanie du Toit sportgronde af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button