SportSport

SWD buit Luiperd foute uit

Die Luiperds het die afgelope naweek weer 'n terugslag in hulle Curriebeker veldtog beleef. 

Die Luiperds het die afgelope naweek weer ‘n terugslag in hulle Curriebeker veldtog beleef.

Hulle het met 40 -7 teen die SWD Arende vasgeval. Hulle lê tans tweede laaste in die Curriebeker eerstedivisie punteleer. Slegs die Grens teen wie die Luiperds in die eerste wedstryd van die kompetisie oortuigend gewen het, is onder hulle.

Dit was nog ‘n moeilike dag op kantoor vir hoofafrigter Eric Herbert.

“Ons het gesukkel om aan te pas in die omstandighede. Hulle het al ons foute uitgebuit,” het Herbert gesê.

Die Luiperds se volgende wedstryd  is nog ‘n weg stryd teen die Valke. Die Valke het die afgelope naweek met slegs vier punte teen die OP verloor. Die OP en Boland is tans die spanne in die kompetisie om te klop.

“Ons het nie goed genoeg gespeel teen SWD nie, maar ons bly positief en gaan hard werk vir die volgende wedstryd,” het Herbert verseker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button