SportSport

Volkies se hokkiespanne kook teen Oos-Moot in NWU Prestigereeks

Volkies se o.14A span wen met 4-1 , die o.16A's wen 2-0, en die eerste spanne speel 0-0 gelyk.

Volkies se hokkiespanne het oor die naweek van 17-18 Maart hulself ook goed van hul taak gekwyt op hul tuisveld teen Oos-Moot van Pretoria in die NWU Prestigereeks.

Goeie oorwinnings is behaal met die meerderheid spanne wat top prestasies inpalm.
By die dogtershokkie is die aksie vuur en vlam op die NWU Astrobaan.

Volkies se o.14A span wen met 4-1 , die o.16A’s wen 2-0, en die eerste spanne speel 0-0 gelyk. Die tweede span behaal ‘n gemaklike 4-0 oorwinning. Die o.16B span wen met 6-0. Die o.15A span verloor naelskraap 1-0 teen Oos-Moot.
Die seunshokkiespanne wys ook hul staal teen hulle Pretoriaanse teenstanders.
Die o.14A span wen 3-0, en die eerste span 5-2 in ‘n doelbelaaide wedstryd. Die o.16A’s trap wel klei met ‘n 1-0 nederlaag.

Volkies se sportspanne speel vandag tuis teen Noordheuwel van Krugersdorp in tuiswedstryde.

Hier is die bepalings:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button