SportSport

Plaaslike atlete woeker by SA Laerskole Atletiekkampioenskappe

Die top laerskoolatlete in Potchefstroom het die afgelope week vanaf 20-21 Maart by die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe puik prestasies in die kleure van Atletiek Sentraal Noordwes, behaal.

Die top laerskoolatlete in Potchefstroom het die afgelope week vanaf 20-21 Maart by die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe puik prestasies in die kleure van Atletiek Sentraal Noordwes, behaal.

Daar is altesaam 26 medaljes deur ACNW se atlete behaal met onderskeidelik 5 goud, 6 silwer en 15 bronsmedaljes.

Dianie du Preez (Laerskool Mooirivier) behaal brons in die dogters o.13 200m hekkies-item in ‘n tyd van 29.98 sekondes. Sy behaal ook goud in die 4x100m aflos.

Ethan Fourie skitter in die seuns o.12 gewigstoot met silwer. Hy laat die gewigstootbal 12.42 meter trek.

Die langasems van Mooirivier, Alrike Hattingh (dogters o.11 1200 meter) en Renate van der Merwe (dogters o.13 1500m) behaal ook albei brons.

Alrike maak in 3:55.29 klaar en Van der Merwe kom in 8:18.45 oor die lyn.

Baillies se Imke Bornman behaal ‘n uitstekende silwer in die dogters o.13 diskus-item met ‘n afstand van 41.92 meter. Sy is ‘n kortkop agter Kyra Jubileus (42.88 meter) ook van Atletiek Sentraal Noordwes.

Bornman behaal ook ‘n vyfde plek in die gewigstoot-item.

Ruben Botes behaal brons in die seuns o.10 gewigstoot met ‘n gooi van 11.17 meter. Janco Proctor kry ook brons in die seuns o.10 1200 meter. Hy maak klaar in 3:50.55.

Uitslae (Medaljes vir Potch atlete)

Laerskool Mooirivier

Silwer:

Ethan Fourie: Seuns o.12 Gewigstoot

Brons:

Dianie du Preez: Dogters o.13 200m hekkies brons en aflos goud.

Alrike Hattingh: Dogters o.11 1200m

Renate van der Merwe: Dogters o.13 1500m stap

Laerskool Baillie Park.

Silwer:

Imke Bornman: Dogters o.13 Diskus

Brons:

Janco Proctor: Seuns  o.10 1200 meter

Ruben Botes: Seuns o.10 Gewigstoot

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button