SportSport

Kaartjieverkope vir Varsitybeker halfeindstryd tussen NWU en Maties maak vandag 15:00 oop

Kaartjies is vanmiddag (Woensdag, 5 April) om 15:00 aanlyn beskikbaar vir komende Maandag se Varsitybeker halfeindstryd tussen NWU en Maties op die Fanie du Toit-sportgronde.

Vandag (Woendag, 5 April) om 15:00 het NWU rugbyondersteuners die geleentheid om hulle plek op die Fanie du Toit Sportgronde vir die Varsitybeker halfeindstryd tussen die NWU Arende en Maties te verseker.

Die half-eindstryd vind op Maandag, 10 April om 19:00 plaas.

Vanjaar verkoop die kaartjies aanlyn vir alle Varsitybekerwedstryde blitsvinnig uit en ondersteuners sal nie hierdie groot half-eindstryd op ‘n volgepakte Fanie wil mis nie.

Ondersteuners gaan die Fanie du Toit-sportgronde weer volpak vir die grootste Varsitybekerwedstryd vanjaar. Foto: Wouter Pienaar.

Kaartjies is R30 per persoon en ondersteuners sal net drie kaartjies op ‘n slag aanlyn kan koop. Daar is in totaal ‘n maksimum van 4000 kaartjies beskikbaar.

Gebruik die volgende skakel om vanaf 15:00 (drie-uur) kaartjies aanlyn op Quicket te koop: https://www.quicket.co.za/events/212433-fnb-varsity-cup-semi-final-10-april-nwu-vs-maties#/

Die wedstryd tussen die NWU en Maties skop om 19:00 af. Die voorvertoning begin om 18:00. Hekke maak alreeds 16:00 oop.

Die NWU noem dat dit onwettig is om kaartjies vir kommersiële doeleindes in Suid-Afrika te herverkoop. Vir hierdie onwettige praktyk kan persone beboet word of 10 jaar tronkstraf kry as persone skuldig bevind word.

Geen kaartjies sal by die hek verkoop word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button