SportSport

Potch baanfietsryers verower goud by SA kampioenskappe

Prof. Pieter Kruger, Direkteur van die NWU Centre for Health and Human Performance (CHHP), het sy 20km punte-wedren vir Veterane (40-49) titel suksesvol verdedig

Die SA Baanfietsry-kampioenskappe het vanaf 1-5 April by die Bellville Velodrome plaasgevind met die NWU CHHP/CycloDNA-span wat puik prestasies behaal het.

Binne die eerste twee dae het Prof. Pieter Kruger sowel as Dana Schutte, Gerrit Janse van Rensburg en Mario Nel goue medaljes behaal.

Foto’s: Verskaf

Prof. Pieter Kruger, Direkteur van die NWU Centre for Health and Human Performance (CHHP), het sy 20km punte-wedren vir Veterane (40-49) titel Dinsdag suksesvol verdedig, en Woensdag saam met Dana Schutte, Gerrit Janse van Rensburg en Mario Nel ook die goue medalje ingepalm vir die Veterane/ope agtervolg-wedren (“pursuit-race)” vir 4 man spanne.

Die top 7 spanne het vir die finaal gekwalifiseer. Die NWU CHHP/CycloDNA-span het ‘n verstommende gemiddelde snelheid van 49.66km/h oor die 4km (vanaf ‘n stilstaande wegspring) behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button