SportSport

Volkies vat een op die ken teen Hugenote

Volkies se 1ste XV het Saterdag, 15 April, nog 'n hou in die NWU reeks teen Hugenote gevat. 

Volkies se 1ste XV het Saterdag, 15 April, nog ‘n hou in die NWU reeks teen Hugenote gevat.

Diè wedstryde het op Oos-Moot se veld plaas gevind. Hugenote van Springs het die Potchefstromers met 35 – 5 laat les opsê.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, was sy span se verdediging nie op standaard nie.

“Ons moet maar nog ‘n paar skuiwe maak om die manne in die regte posisies te kry,” het de Beer gesê.

Met die einde van die NWU reeks in sig, sal Volkies hulle spankeuses wil finaliseer voordat die Noordvaal liga begin.

Dit was ‘n moeilike dag vir Volkies met net die o/14A span, (15 – 0) en die Tweedes (15 – 14) wat gewen het.

Die Tweedes het besonderse deursettingsvermoë gewys om uiteindelik die wedstryd met ‘n punt te wen. Dit was ‘n wip-wa wedstryd wat enige kant toe kon gaan. Volkies se 2de XV het die koeler koppe op die dag gehad.

“Ons het nog ‘n lang pad om te gaan, maar die feit dat ons tot die einde toe baklei het, was deurslaggewend gewees,” het Markus de Beer, afrigter van Volkies se 2de XV gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button