SportSport

Gimmies se hokkiedogters veg moedig in Noordvaal-eindstryde

Gimmies se beste uitslag wat ‘n vierde plek wat die 0.15A’s behaal het. Die o.14A’s is sesde, o.16A’s agtste en die eerstespan sesde.

Gimmies se dogtershokkiespanne het ten spyte van hul deursettingsvermoë en kanniedood houding nie daarin geslaag om ‘n medalje tydens die Noordvaal hokkietoernooi vanaf 11-12 Augustus te verower nie.

Gimmies se beste uitslag wat ‘n vierde plek wat die 0.15A’s behaal het. Die o.14A’s is sesde, o.16A’s agtste en die eerstespan sesde.

Gimmies se eerste netbalspan het ‘n sesde plek in die Noordvaal-toernooi behaal. Foto: Andrea Visser.

Sodoende eindig al Gimmies se spanne in die top 10 waar hulle teen sterk kompetisie sake uitgespook het. Dinge kon anders gewees met baie van die wedstryde wat enige kant toe kon gaan.

Gimmies se o.15A’s klop Hoërskool Marais Viljoen van Alberton met 3-2 na ‘n 8 sekonde uitskietrondte die wedstryd bepaal.

Hulle val vas teen Menlopark met 3-0 voordat hulle die uitspeelwedstryd vir derde plek met 2-1 teen Hoërskool Noordheuwel verloor.

Die o.14A’s kan goed voel oor ‘n goeie toernooi waar hulle ongelukkig was om met 0-1 teen Hoërskool Monument in hul kwarteindstryd te verloor. Hulle maak op vir dit in die semi-finaal teen Kempton Park met ‘n 2-1 oorwinning. Hulle verloor die 5de/6de plek wedstryd teen Affies met 3-2 in ‘n 8 sekonde uitskietrondte

Gimmies se eerste span val vas teen Noordheuwel in die kwartfinaal met 0-3 in ‘n 8 sekonde uitskietrondte na niks die spanne in 60 minute kon skei nie.

Die eerste span wys hul staal na die teleurstelling en klop EG Jansen met 6-1 om ‘n vir die 5de/6de plek teen Hoërskool Waterkloof uit te speel.

Hier verloor hul met 1-0 in ‘n taai wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button