Gimmies se veldtog om volgende jaar in Afdeling 1 van die SDC Noordvaal-kompetisie te speel, het Saterdag, 12 Augustus tot ‘n einde gekom.
Die eerstespan het 42- 26 op tuisbodem teen Midstream College verloor, terwyl die o.14 span 39 – 12 teen Piet Retief van Mpumalanga die knie buig.
Hierdie uitslae het Gimmies se Promosie-droom aan skerwe gelaat. Volgens John-Ross Jackson, hoofafrigter van Gimmies se 1ste XV, het die span alles op die veld gelos. “It doesn’t matter if you win, as long as you give everything in your heart.”- Michael Jordan- “Ek sal sê die aanhaling beskryf ons laaste wedstyd die beste.
Foto’s: Wouter Pienaar
Die telbord is nie ‘n ware refleksie van die wedstyd nie. Dit was klipharde skolerugby. Midstream het hulle geleenthede net beter as ons gebruik. En hulle verdien om in die finaal te speel,” het Jackson gesê.
Gimmies sal nou na volgende jaar se veldtog kyk en weer probeer om vir Afdeling 1 te kwalifiseer. As die Blou manne van Potch op die momentum wat hulle opgebou het kan voortbou, is dit net ‘n kwessie van tyd voordat hulle vir dié afdeling kwalifiseer.
Drie uit die vier spanne het vanjaar die kwartfinaal gehaal.










