SportSport

NWU gereed vir Varsity Netbal-aanslag

Die NWU Arende, wat verlede jaar naaswenners was en in die eindstryd teen Maties vasgeval het, is vanjaar slaggereed om een stap verder te gaan en hierdie keer die beker te lig. 

Die NWU se Varsity Netbalspan kan nie wag om hul stempel in vanjaar se Varsity Netbaltoernooi af te druk nie.

Die NWU Arende, wat verlede jaar naaswenners was en in die eindstryd teen Maties vasgeval het, is vanjaar slaggereed om een stap verder te gaan en hierdie keer die beker te lig.

Elsunet du Plessis, NWU afrigter, noem dat die groep baie opgewonde is om die jaar se Varsity Netbal op ‘n goeie punt af te skop.

“Ek sal graag wil sien hoe my spelers die aspekte waaraan ons gewerk het, toepas in ons spel,” noem sy in aanloop tot Sondag se openingswedstryd.

Kyk die bepalings hier:

 

 

Elmeré van der Berg. Foto: Hannes Naude/Asem Engage.

Die Potchefstromers begin hul veldtog teen die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) op Sondag, 20 Augustus by die Wits Sportsaal om 19:00. Daarna volg ‘n wedstryd teen ‘n altyd onvoorspelbare UJ-span op Maandag, 21 Augustus om 17:00.

UJ, onder die afrigting van Protea-kaptein, Bongi Msomi, was verlede jaar semi-finaliste.

Die NWU-span is propvol talent met die Protea, Elmeré van der Berg, wat vir die meerderheid doele sal sorg. Sunel Smit en Caitlin du Plessis is ook staatmakers om die telbord aan die rol te hou.

Op verdediging sal die trio van Favour Umeh, Sanmarie Visser en Martiné Jordaan beslis dit vir opponente moeilik maak. Visser en Jordaan was veral ook op goeie vorm in die Telkom Netballiga wat in Mei en Junie plaasgevind het.

NWU se 2023 Varsity Netbalgroep
Elmeré van der Berg, Sunel Smit, Caitlin du Plessis, Jade Egwatu, Tlotlang Mokomela, Michelle Geduld, Jomari Lübbe, Johanné Meyer, Keke Molotsi, Favour Umeh, Sanmarie Visser, Chelize Swart, Martiné Jordaan, Rory Pringle, Vivian Venancio.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button