SportSport

Laerskool langasems bring SA goud terug

Alrike Hattingh (o.11) van Laerskool Mooirivier en Lihann Kemp (o.10) van Laerskool Baillie Park behaal albei goud in word sodoende as SA kampioene gekroon.

Twee jong plaaslike landloopatlete het Potchefstroom trots gemaak by die SA Landloopkampioenskappe wat afgelope Saterdag, 16 September, in Gqeberha plaasgevind het.

Alrike Hattingh (o.11) van Laerskool Mooirivier en Lihann Kemp (o.10) van Laerskool Baillie Park behaal albei goud in hulle ouderdomskategorie en word sodoende as SA kampioene gekroon.

Lihann se storie is nogal merkwaardig nadat hy verlede jaar ‘n tiende plek behaal het. Met harde werk, ondersteuning en doelgerigtheid kon hy vanjaar weer deelneem en sommer heel bo-op die podium staan. Lihann het in die 2km wedloop deelgeneem en in 06:57 klaargemaak.

Lihann Kemp word deur sy afrigter, André Olivier, omhels.
Lihann Kemp.

Alrike palm die tweede goud vir Potch in met ‘n puik 3km wedloop wat sy in 11:29 voltooi. ‘n Paar ander ACNW atlete behaal ook die podium. Gimmies se Alri Verster haal brons in die dogters o.17 4km wedloop in ‘n tyd van 14:58.

Amogelang Tatai (KHS) verkry silwer in die seuns o.17 6km wedloop in ‘n tyd van 19:12. Ina du Plessis wys haar staal in die vroue o.23 4km wedloop met silwer in 15:10. Luan Munnik wys sy klas in die mans senior 4km wedloop en behaal brons in 11:52.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button