Potchefstroom Gimnasium se dogterskrieketspan het Noordwes met lof in die Noordvaal-finaal verteenwoordig. Ten spyte van ‘n 22 lopie nederlaag, kon daar steeds talle positiewe aspekte uit ‘n puik seisoen gehaal word.
Gimmies is as Noordweswenners gekroon en het net een wen benodig om die Noordvaal-titel ook in te palm. Deidré van Rensburg word as die speler van die wedstryd in die eindstryd aangewys vir drie paaltjies, sowel as ‘n uitstekende honderdtal.

die speler van die wedstryd
in die Noordvaal-eindstryd
aangewys vir drie paaltjies,
sowel as ‘n uitstekende
honderdtal
Gimmies het die lood gewen en besluit om eerste te boul. Simoné van der Linde, Frede-né Venter en Tlotlo Bogatsu neem elkeen 1 paaltjie. Deidré van Rensburg neem 3 paaltjies. Noordheuwel kry 183/9 na 20 beurte.
Gimmies kolf tweede en kry 161/4 na 20 beurte met Van Rensburg wat met 105 lopies skitter. Van Rensburg is ook onlangs in SA o.19-dameskrieketoefenkamp saam met Bogatsu, gekies.



