Sport

Herald voorspellings vir Laerskole halfeindtryde

Die Herald hou die verskeie ligas waarin skole van Potchefstroom in speel heel seisoen dop. Die laerskool grootskole liga se halfeindstryde vind Dinsdag, 28 Mei op Olënpark plaas. 

Die Herald hou die verskeie ligas waarin skole van Potchefstroom in speel heel seisoen dop. Die laerskool grootskole liga se halfeindstryde vind Dinsdag, 28 Mei op Olënpark plaas.

Wie gaan uiteindelik vir die groot prys speel, Die Herald waag ‘n voorspelling.

o.9 A

Mooirivier vs Bailliepark

Ons kan nie verby Tokkies kyk vir hierdie wedstryd nie. Mooirivier se o.9s is vanjaar aa ndie brand, na hulle Super 12 oorwinning vroeër vanjaar het hulle onstuitbaar gelyk. Baillies se o.9s aan die anderkant het ietwat gesukkel maar dit is ‘n ‘derby’ en ‘n uitspeel wedstryd, die bal mag dalk net enige kant toe hop.

Saamtrek vs Rustenburg

As daar na die resultaat vroeër in die seisoen kyk, behoort Saamtrek die wedstryd te wen. Die Klerksdorpers het 50 punte teen die Rustenburgers aageteken in hulle laaste ontmoeting. Saamtrek sal waarskynlik dié wedstryd wen.

Voorspelling van o.9A eindstryd

Saamtrek vs Mooirivier

o.9B

Mooirivier vs Bailliepark

Mooirivier se hele o.9 groep is sterk, maar daar is dalk ‘n kans dat Bailliese se jong manne met iets kan wegstap. Op die dag kan enige iets gebeur, maar ons voorspel dat Tokkies hierdie wedstryd gaan wen.

Saamtrek vs Vryburg

Dié twee sspanne het mekaar nog nie vanjaar op die veld getoets nie. Vryburg het vir Larries geklop om tot in die halfeindstryd deur te dring. Saamtrek op sy beurt het vir Larries met 40 punte geklop. As die Klerksdorpers tot hulle volle potensiaal speel, behoort hulle die Vryburgers te klop.

Voorspelling van o.9B eindstryd

Saamtrek vs Mooirivier

o.10A

Lahoff vs Mooirivier

In die twee spanne se vorige ontmoeting in die liga het Lahoff, 24 – 7 koning gekraai. Die Hoffies is in staat om weer vir Tokkies te klop. Die vorige ontmoeting was in Klerksdorp gewees, Lahoff het tuisveld voordeel geniet. Dinge mag dalk anders werk op ‘n neutrale veld, maar Hoffies het oortuigend gewen en behoort weer vir Tokkies te klop.

Saamtrek vs Rustenburg

DIt was ‘n taaier wedstryd as wat die vorige ontmoeting tussen dié twee spanne as wat die telbord wys. Saamtrek het met 10 punte op tuisbodem teen Larries verloor. Larries se o.10 spanne is berug vir hulle uitstekende spel, en dié wedstryd mag dalk net die wedstryd van die dag oplewer. Saamtrek het ‘n kans maar Larries moet met ‘n kort kop die gunsteling wees.

Voorspelling van o.10A eindstryd

Lahoff vs Rustenburg

o.10B

Mooirivier vs Lahoff

Tokkies se o.10B span het met 19 – 7 vir Lahoff in die vorige wedstryd gewen. Dit was ‘n tuiswedstryd vir die Hoffies wat beteken die kanse is goed dat hulle dit weer op Olënpark gaan reg kry.

Saamtrek vs Rustenburg

Saamtrek het 40 punte teen Larries op tuisbodem verloor, die Rustenburgers was daai dag te sterk vir die Klerksdorpers en behoort Dinsdag weer te sterk te wees.

Voorspelling van o.10B eindstryd

Mooirivier vs Rustenburg

o.11A

Saamtrek vs Lahoff

Lahoff het in die liga wedstryd vir Saamtrek met 26-0 gewen. Dié Lahoff o.11 span is beslis goed afgerig en behoort weer teen Saamtrek koning te kraai. Onder Saamtrek se afrigters tel ‘n paar ou hande wat altyd ‘n truuk of twee gaan hê. Lahoff sal die gunsteling wees vir dié wedstryd.

Mooirivier vs Rustenburg

Mooirivier sal as die gunsteling beskou word om vir Rustenburg te klop alhoewel dit ‘n baie taai wedstryd gaan wees.

Voorspelling van o.11A eindstryd

Mooirivier vs Lahoff

 

o.11B

Saamtrek vs Bailliepark

Die Klerksdorpers het Bailliepark laat les opsê in hulle liga ontmoeting. Saamtrek het die wedstryd 36 – 7 gewen, en is dusver onoorwonne in die liga, hierdie wedstryd behooort hulle te wen.

Vryburg vs Lahoff

Lahoff behoort hierdie wedstryd te wen.

Voorspelling van o.11B eindstryd

Saamtrek vs Lahoff

 

o.13C

Saamtrek vs Lahoff

Lahoff het in die ligawedstryde die wedtryd goed gewen en behoort sy onoorwonne status te behou.

Rustenburg vs Mooirivier

Rustenburg het vir Saamtrek, 41 – 10 in ‘n vorige ontmoeting geklop dit terwyl Mooirivier slegs 6-0 teen Saamtrek in die liga gewen het. Larries is die gunsteling in dié wedstryd.

Voorspelling van o.13C eindstryd

Rustenburg vs Lahoff

 

o.13B

Rustenburg vs Mooirivier

Dit gaan beslis weer een van die wedstryde wees wat enige kant toe kan gaan. Elke span het goed sover vanjaar gevaar. Met minder tyd op die pad behoort Tokkies die gunsteling te wees.

Saamtek vs Lahoff

Daar was slegs vyf punte wat die twee spanne in die vorige wedstryd geskei het. Lahoff het tuisveld voordeel geniet in die vorige wedstryd, dit gaan ‘n titaniese stryd wees, met die vorige wedstryde in ag geneem moet Lahoff as die gusnteling gesien word.

Voorspelling van o.13B eindstryd

Mooirivier vs Lahoff

o.13A

Saamtrek vs Mooirivier

Saamtrek het die liga stryd tussen die twee skole naelbyt gewen. Alhoewel dit op die dag nie die Klerksdorpers se beste vertoning was nie. Saamtrek behoort vir Tokkies te klop. Dit gaan nie maklik wees nie en Tokkies is honger vir ‘n trofee hierdie seisoen.

Lahoff vs Rustenburg

Saamtrek het die Rustenburgers goed pakslae gegee, en op hulle beurt gelykop teen Lahoff gespeel. Dit behoort ‘n oorwinning vir Lahoff te wees.

Voorspelling van o.13A eindstryd

Saamtrek vs Lahoff

 

 

 

 

Related Articles

Back to top button