Promosie uit die Bowl na die Skild. Dit is waarvoor Volkies se rugby vanjaar gaan mik, aldus Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se 1ste XV. Dié doelwit is iets wat Volkies beslis in 2025 kan bereik. Hulle het gewys dat hulle spanne deur die bank in 2024 goed presteer het.
Die o.15s, o.16s en 1ste XV het almal in die halfeindstryd van die Bowl afdeling gespeel, met Volkies se 1ste XV wat naelskraap teen ‘n sterk Eldoraigne span verloor het. Dit het die Clash tussen Volkies en Gimmies in die eindstryd van Potchefstromers ontneem. Alhoewel Gimmies se 1ste XV uiteindelik die Bowl gewen het.
As Volkies ‘n goeie kans wil staan sal hulle so sterk moet begin soos hulle verlede jaar afgesluit het. Soos die seisoen aangegaan het, het die span beter begin speel. Die spreekwoordelike cherry op die koek, moet Volkies se Noordwes sewes oorwinning wees. Hulle het ook bestendig in die Noordvaal sewes kompetisie gevaar. As die manne van die Suiddorp hierdie momentum in vanjaar se kompetisie gaan oordra, gaan hulle ‘n goeie kans op bekerglorie staan.
Volgens de Beer, gaan Eldoraigne die sterkste teenstand vir Volkies se promosie veldtog bied.
“Hulle is altyd gevaarlik, maar ons was baie naby om hulle te klop verlede jaar en ons sal vanjaar wil wys wat in ons steek,” het de Beer gesê.
As mens vir de Beer pols oor spelers om dop te hou in 2025, is hy maar stil.
“Die spanne is nog nie gekies nie. Ons sal maar moet sien wie maak die deurbraak,” is sy antwoord.
Volg die skakel vir volledige bepalings en varste rugby-nuus
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/



