Local newsSportSport
KYK: Interhoër 2025 skop in Potch af
Agt van die provinsie se top atletiek skole gaan mekaar vandag die stryd aansê.

Vanjaar se Interhoër A afdeling vir Noordwes skole het vanoggend, 14 Februarie, met ‘n groot gejuig van die verskeie skole se geesspanne afgeskop.
Die leerders was al vroeg uit die vere om die dag by die NWU McArthur stadion te begin. Agt van die provinsie se top atletiek skole gaan mekaar vandag die stryd aansê.
Die verdedigende kampioenne, Rustenburg Hoërskool, sal beslis weer ‘n faktor wees terwyl Klerksdorp Hoërskool wat verlede jaar in tweede plek was, en boonop die geesbeker gewen het, hulle stempel sal wil afdruk.
Gimmies was verlede jaar derde, maar het goeie voorbereiding gehad om vanjaar die appelkar om te gooi.
Hou die Herald se webtuiste dop vir meer oor die dag se gebeure.
Fotos en Video: Tania Coetzee
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.