Local newsSportSport

Volkies rugby manne skop veldtog die naweek af

Die Potchefstromers speel hulle eerste wedstryd van die NWU prestige reeks op tuisbodem teen die manne van die noorde.

Volkies se rugby manne is gereed om hulle veldtog komende naweek teen Hoërskool Pietersburg af te skop.

Die Potchefstromers speel hulle eerste wedstryd van die NWU prestige reeks op tuisbodem teen die manne van die noorde. Pietersburg is altyd ‘n gedugte teenstander en speel boonop ‘n afdeling bo Volkies in die Noordvaal kompetisie. Volkies sal bly wees oor hulle tuisveld voordeel en die feit dat Pietersburg so ver sal moet reis Potchefstroom toe.

Rugby ondersteuners in die dorp sien al ‘n geruime tyd it na die begin van die rugby seisoen.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se 1ste XV, het die proewe goed gegaan.

“Ons sal nooit vir Pietersburg ligtelik opneem nie, hulle is altyd ‘n kwaliteit span, dit is ‘n goeie skool wat baie trots het in wat hulle doen. Ons sal reg wees vir hulle hier in die Suiddorp ons wil ons gemeenskap ook trots maak,” het de Beer gesê.

Die ander skole in Volkies se poel is Bergsig en Heidelberg Volkskool. As Volkies ‘n goeie begin teen Pietersburg kan kry, sal dit vir hulle goeie momentum gee vir hulle volgende kragmeting teen Heidelberg Volkskool. Heidelberg gaan vanjaar, veral met hulle 1ste XV ‘n moeilike span wees om te tem.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button