Local news

Ma wil graag weer loop na ongeluk

Die familie was op pad Margate toe vir ‘n naweek-wegbreek toe die ongeluk gebeur het.

Stacey van der Merwe (21), die toegewyde ma van ‘n pragtige vier maande oue babadogtertjie, is onlangs uit die hospitaal ontslaan nadat sy en haar familie in die oggendure van 10 Januarie in ‘n gru-ongeluk met ‘n vragmotor betrokke was.

Stacey, haar dogtertjie, Milané Rose, haar suster, Jessice-Leigh, hul ma, hul jonger sussie en Jessice-Leigh se twee kinders was op pad Margate toe vir ‘n naweek-wegbreek toe die ongeluk gebeur het.

Stacey se ma, haar sussie en die kinders het nie ernstige beserings opgedoen nie, maar Jessice-Leigh het albei haar bene tydens die ongeluk gebreek. Stacey het egter die slegste beserings opgedoen. Sy was is in die intensiewesorgeenheid opgeneem. Haar gesig was baie lelik gesny, sy het bloeding op die brein gehad en albei haar arms en bene is beseer.

Stacey is twee dae later in vir operasies waarby hulle haar gesig en haar arms herstel het. Sy is intussen na meer as ‘n maand uit die hospitaal ontslaan.

“Eerlikwaar onthou ek glad nie die ongeluk of die eerste paar weke in die hospitaal nie. Ek onthou net die laaste twee dae in Lenmed en dan my tyd in Potchefstroom hospitaal,” vertel Stacey.

Sy sê sy het vreeslik pyn in haar been nadat haar heup gebreek is. Sy kan tans nie gewig op die been plaas nie, wat haar weerhou om te loop. Dit kan nog agt tot 12 weke vat voordat sy gewig op die been mag plaas en weer begin loop. Haar een been is boonop 3cm korter as die ander een.

“Ek wil net so graag weer kan loop en dinge vir myself doen. ‘n Mens voel nutteloos en dit is baie frustrerend. Ek wens die ongeluk het nooit met ons gebeur nie en alles was net terug na normaal. Die herstelproses voel soos ‘n ewigheid. Dit is baie sleg om elke liewe dag pyn te hê.”

Stacey se toekomsplanne is om soveel moontlik tyd saam met haar man en dogtertjie te spandeer. Dit gaan ook goed met Jessice-Leigh.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button