SportSport

NWU reeks rugby wedstryde afgestel

Dit is nog onseker hoe die finale posisies bepaal gaan word met die naweek se wedstryde wat nou afgestel is.

Die NWU reeks se rugby wedstryde wat komende naweek sou plaasvind is vandag afgestel.

Weens die hewige reën wat Potchefstroom van Maandagaand af ervaar is die velde te nat om op te speel. Olënpark, Volkies en Gimmies sou gasheer wees vir die NWU reeks se eindstryde wat Saterdag, 26 April sou plaasvind.

Volkies en Wesvalia se 1ste XV sou vir eerste en tweede plek uitspook. Die halfeindstryde was ook weens reën uitgestel. Die formaat sou wees dat die wenners van die twee halfeindstryde die eerste plek sou deel.

Dit is nog onseker hoe die finale posisies bepaal gaan word met die naweek se wedstryde wat nou afgestel is. Daar is ook nie tyd om die wedstryde oor te speel nie aangesien die Noordvaal liga bepalings al die week na volgende week begin.

Die ander sport aktiwiteite gaan normaal voort.

Volkies begin hulle Noordvaal veldtog met weg wedstryd teen Bergsig, terwyl Gimmies hulle Bowl afdeling titel weg teen Ermelo gaan begin verdedig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button