
Die Luiperds het die afgelope naweek, met die Kavaliers in Wellington kragte gemeet.
Die Noordwesters het geweet dat hulle ‘n taai taak voor hulle het, met die Kavaliers wat druk om vir die Curriebeker te kwalifiseer.
Dit was ‘n moeilike dag in Wellington vir die Luipies wat 80 – 0 les opgesê het teen die Boland. Dié oorwinning het die Boland op ‘n goeie plek gelos. Hulle is tans vierde op die punteleer, op koers om vir die curriebeker te kwalifiseer.
Die Luiperds het sover nog net een oorwinning teen die Grens deur getrek en is tans tweede laaste op die punteleer. Hulle volgende wedstryd is komende naweek op Olënpark teen die Valke.
Die Valke lê tans 6de op die punteleer, en dit sal weer ‘n groot poging van die Noordwesters vat om die Valke te klop. Die Valke kan nog vir die Curriebeker kwalifiseer as hulle bonuspunt wen oor die Luiperds behaal.



