SportSport

Volkies skop Noordvaal veldtog af

Ons sien uit daarna om hulle hier in die Suiddorp te ontvang.

Volkies gaan komende naweek hulle Noordvaal bowl-afdeling veldtog afskop.

Die Potchefstromers gaan Bergsig van Rustenburg op 10 Mei verwelkom. Volkies het ‘n idee wat op hulle wag nadat hulle met een punt teen die Rustenburgers tydens die NWu reeks gewen het.

Die wedstryd kon albei kante toe gaan, met Volkies wat op die dag die ‘n klein bietjie meer klinies was.

Daar sal ‘n element van roes by albei spanne wees, met die NWU reeks se half-en eindstryde wat nie plaasgevind het nie. Dit het die spanne kans gegee om aan sekere probleme aandag te gee, maar kan ook momentum gestuit het.

“Ons was op ‘n baie goeie plek gewees na die toer, gelukkig was daar Luiperds proewe waar die ouens gespeel het. Ek dink die ouens mag dalk nie heeltemal so skerp wees nie. Maar ons sal dit in dié week se oefening uitstryk. Ons het baie respek vir Bergsig, hulle is ‘n goeie span. Ons sien uit daarna om hulle hier in die Suiddorp te ontvang. Ons gaan ons heel beste gee,” het Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se 1ste XV gesê.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button