SportSport

Derby-dag vir laerskole

Die wedstryde skop om 14:00 af,

Dit is vandag, 6 Mei, derby dag vir twee van Potch se laerskole.

Baillies en Tokkies begin hulle onderskeie liga veldtogte teen mekaar, die wedywering tussen die twee groot laerskole in Potch is elke jaar ‘n treffer in die dorp.

Die wedstryde skop om 14:00 af, Die eerste rugby-span en eerste netbalspan begin onderskeidelik om 16:30 en 16:15. Die wedstryde vind vanjaar by Tokkies plaas.

Volgens Jaco Vermaak, sportorganiseerder van Baillies, glo dit sal vanjaar beter met hulle gaan as verlede jaar.

“Ons het heelwat in ons rugby veral belê. Hopelik gee dit geboorte aan iets spesiaal in die toekoms. Ons gaan nog doeke ruil en nagte opstaan maar dit is maar deel va ndie groei proses,” het hy gesê.

Jackie Golden, rugby-organiseerder van Tokkies, het gesê dit gaan ‘n lekker dag wees.

“Dit is ‘n derby, hulle gaan kom vir ons. Albei skole het hard gewerk so die kwaliteit van die rugby behoort beter as verlede jaar te wees. Wat ons help is die blootstelling van die Super 12, ons outjies het al baie wedstryde gespeel,” het Golden gesê.

In Potchefstroom se buurdorp, Klerksdorp skop die liga ook met ‘n derby, tussen Saamtrek en Laerskool Lahoff af.

Al vier die dié spanne is deel van die Noordwes grootskole liga. Skole van Rustenburg soos Vastrap en Protea Park is vanjaar ook deel van die groot skole liga.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button