Die gesegde ‘die wat laaste lag, lag lekkerste’, is beslis op die Luiperds van toepassing.
Hulle SA beker veldtog het op ‘n besonderse hoogtepunt afgelsuit nadat hulle die SWD Arende op Olënpark met 47 – 35 geklop het. Dié veldtog het gelyk of dit ‘n laagtepunt in die Luiperds se geskiedenis gaan wees. Tog is daar lig aan die einde van die toneel, met die laaste wedstryd waar hulle ‘n goeie oorwinning behaal het.
Die Noordwesters het sewe drieë gedruk en beslis sjampanje rugby gespeel. Die SA beker is nou vir die Luiperds verby, nadat hull sewende in dié kompetisie geëindig het. Die top bestuur sal nou ‘n na betragting hou om na die pad vorentoe te kyk, spesifiek met die oog op die Curriebeker se eerste afdeling veldtog wat na afloop van die SA Beker se uitklop rondtes sal afskop.



