SportSport

Volkies vlieg oor eerste Noordvaal-hekkie

Volkies het baie verbetering ewys van die vorige kragmeting tussen dié twee spanne.

Volkies het hulle eerste toets van die Noordvaal-bowl afdeling met lof geslaag.

Die Potchefstromers het Saterdag, 10 Mei, teen die gedugte Bergsig span te staan gekom. Die Rustenburgers is een van drie nuwelinge in dié kompetisie, maar hulle kan beslis nie sonder handskoene aangedurf word nie.

Volkies het die kragmeting met 40 – 28 op tuisbodem gewen. As skool het hulle ook ses uit die nege kragmetings gewen.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se 1ste XV, was dit ‘n goeie dag vir die skool en sy span.

“Dit was ‘n lekker dag, daar is beslis dinge wat ons kan verbeter. Maar ons is bly oor die wen, en werk nou na die volgende een toe,” het de Beer gesê.

In die NWU reeks het Volkies met slegs een punt oor Bergsig geseëvier, met Saterdag se wedstryd het die Potchefstromers gewys hoe hulle verbeter het.

Volkies het die komende naweek ‘n loslootjie wat hulle beslis sal gebruik om kragte op te bou vir die Classic Clash wat op 24 Mei gaan plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button