Twee bielie stutte van Potchefstroom is in die Cravenweek-span ingesluit.
De Waal Coetzer van Volkies en Matthew Redelinghuys van Gimmies wat albei vir hulle onderskeie skole se 1ste XV speel is gekies. Hulle is ook die enigste verteenwoordigers van Potchefstroom wat die Luiperds se Cravenweek-span gehaal het.
Die Luiperds se Cravenweek- gaan indie Junie vakansie na Middelburg reis waar die toernooi vir 60ste keer gespeel sal word.
Redelinghuys is tydens sy skool se toer na Oakdale as die beste vaskopstut vir die week aangewys.
Volkies het nog vyf spelers wat in die Luiperds se Akademie-week span ingesluit is.
Lethabo Riet (13), Juhan Geldenhuys (9), Wian Victor (6), Josh van der Westhuizen (4) en Louis Fourie (17) is almal in dié span opgeneem.



