Local newsNewsNews

SAPD-lede in hof oor hulp aan onwettige myner

Die lede het op aanklagte van regsverydeling en hulp aan die ontsnapping van 'n aangehoudene, verskyn.

Vier lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het in die Stilfontein-landdroshof verskyn op aanklagte van regsverydeling en hulp aan die ontsnapping van ‘n aangehoudene.

Sivenathi Gunya, kommunikasiebeampte van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê die beskuldigdes Jack Motlhabya (37), Menzi Shabalala (38), Ntuthuko Dladla (40) en Samkelo Mbotho (38) is in Januarie 2025 in hegtenis geneem ná bewerings dat hulle ‘n aangehoudene gehelp het om tydens ‘n Vala Umgodi-operasie in Stilfontein te ontsnap.

“Volgens getuienis wat in die hof voorgelê is, is verskeie onwettige mynwerkers op 15 Januarie 2025 gered en na die oppervlak vanaf ‘n mynskag in Stilfontein gebring. Hulle is in hegtenis geneem deur SAPD-lede wat as deel van die Vala Umgodi-operasies ontplooi is. Een individu, net bekend as “Tiger,” is deur verskeie van die onwettige mynwerkers geïdentifiseer as in beheer van bedrywighede ondergronds. “Tiger” het op dieselfde dag daarin geslaag om te ontsnap. ‘n Ondersoek is deur die teenkorrupsie-eenheid van stapel gestuur, wat gelei het tot die arrestasie van die vier SAPD-amptenare.”

Borgtog van R1 000 elk is tydens hul eerste hofverskyning aan die beskuldigdes toegestaan. Die saak is tot 8 Julie 2025 vir verdere ondersoek, uitgestel. Hul borgtog is verleng tot hul volgende verskyning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button