Die verskeie provinsiale rugby-weke is om die draai. voor die rugby talente op die groot verhoogde van onder andere die Cravenweek ten toon gestel word is daar ‘n reeks voorbereidingswedstryde wat gespeel word.
Die verskillende bonde-dae gee spanne die kans om hulle laaste taktiese skuiwe te maak. Komende naweek, op 28 Junie word die Noordvaal bonde-dag by Hoërskool Wesvalia aangebied.
Verskeie unies se Cravenweek en Akademie-week spanne gaan in aksie wees.
Die dag skop om 09:00 af wanneer die Limpopo Bulle se akademie span die Luiperds se o17 span aandurf.
10:10- Sharks akademie vs Valke Akademie
11:20- Luiperds akademie vs Bulle Akademie
12:30- Limpopo Bulle cravenweek vs Valke Cravenweek
13:40- Sharks Craven week vs Leeus Cravenweek
14:50 – Luiperds Cravenweek vs Bulle Cravenweek
Verskeie Potchefstromers is in die Luiperds spanne wat op die dag speel opgeneem. Wesvalia is in Klerksdorp op die hoek van Readman en Scottstraat geleë.
Toegang is R20 per persoon en R30 per voertuig.



