SportSport

Volkies skud roes met oorwinnings af

Volkies se eerste en tweede spanne het met selfvertroue teruggekeer ná die vakansie en hul momentum teen Dr. Malan en Sasolburg herwin. Die Noordvaal Bowl veldtog hervat eerskomende naweek teen Jeugland.

Volkies se eerste en tweede rugbys-spanne het op 18 Julie, die roes teen Dr. Malan en Hoërskool Sasolburg afgeskud.

Die wedstryde is gespeel ter voorbereiding vir die Noordvaal Bowl afdeling wat komende naweek na ‘n lang vakansie weer hervat word.

Volkies se se 1ste XV het een helfte teen Dr. Malan gespeel en ‘n een helfte teen Sasolburg.

Hulle het albei hulle helftes onderskeidelik, 19-0 en 26-17 gewen.

volgens Johan Herbst, Volkies se 1ste XV afrigter, was dit ‘n suksesvolle dag gewees.

“Dit was goeie voorbereiding en ons is positief vir die naweek wat voorlê,” het hy  gesê. Herbst verduidelik dat die span se verdediging teen veral Dr. Malan goed gegaan het.

Volkies se tweedes het ook aan die dag deel geneem.

“Ons het hulle vir die hele helfte uitgehou, oor die algemeen het dit goed gegaan, ons het goed geskrum en hulle van die doellyn af gehou. Teen Sasolburg was dit ‘n ander prentjie, hulle is groot en fisies met baie goeie agterlyn spelers. Ons het twee keer vinnig gaan druk en toe kom hulle bietjie terug. Ek dink ons 12 seuns wat by provinsiale weke betrokke was het ons baie gehelp. Hulle was net daai bietjie, skerper en fikser as die ouens wat nie op die weke was nie,” het Herbst verduidelik.

Volkies se Noordvaal veldtog sal komende naweek teen Jeugland hervat word. Dit gaan nie ‘n maklike wedstryd wees vir die Potchefstromers, met Jeugland wat verlede jaar nog in ‘n hoër afdeling gespeel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button