Volkies het die afgelope naweek ‘n besonderse goeie dag teen, Jeugland beleef.
Die 1ste XV het hulle teenstanders van Kempton, met 32-18 in Potchefstroom geklop.
Volgens Michael de Beer, hoofafrigter van die 1ste XV, was die span maar nog geroes, maar hy is tevrede met die oorwinning.
“Dit was maar morsig, maar Jeugland is ‘n goeie span, hulle dra die bal goed. Ons het in die tweede helfte twee keer gaan druk om die te oorwinning te kry, waaroor ek bly is,” het de Beer verduidelik.
Met 6 ut 9 wenne op die dag het Volkies hulle aanspraak op promosie bietjie versterk. Alles is ongelukkig nie meer in hulle eie hande nie, spanne wat nog teen Eldoraigne en Dinamika moet speel sal vir die Potchefstromers ‘n paar gunse moet doen.
Volkies is komende naweek weer tuis teen Randburg, een van die ander aanspraakmakers op promosie.
“Randburg gaan ‘n taai opponent wees, hulle gaan lê nie. Hulle het goed gelyk teen Gimmies,” het de Beer gesê.
Die wedstryd word op 2 Augustus by Volkies gespeel.



