Potchefstromer palm wêreldtitel in
Potchefstroom se eie CG Steenkamp het internasionale roem verwerf met sy wêreldtitel en drie bronsmedaljes by die WKO Ope Wêreldkampioenskap in Barnsley.
Potchefstroom se eie CG Steenkamp het onlangs internasionale glorie behaal toe hy die WKO Ope Wêreldkampioenskap van 1 tot 3 Augustus in Barnsley, bygewoon het. Steenkamp, ’n lid van die Ring Contact Fighting Arts Presedensiële span, het die titel van WKO Wêreldkampioen in die “Low Kick Light”-afdeling vir sy ouderdoms- en gewigsklas verower.
Asof dit nie genoeg was nie, het hy ook drie bronsmedaljes huis toe gebring.
Steenkamp is ’n student van die Ring Contact Fighting Arts – Elite-klub in Potchefstroom en word deur Sensei Mark Ekron afgerig.
“Ons is ongelooflik trots op CG,” het Sensei Ekron gesê. “Hy werk hard, bly nederig en het gewys dat deursetting en dissipline groot hoogtes kan bereik.”



