Primary SchoolSportSport

Emmies spog by Skyfskiet

Drie van Laerskool M.L Fick se skuts is in die Noordwes-span opgeneem.

Die afgelope naweek was die Noordwes Skyfskiet-proewe en Laerskool M.L Fick het uitstekend gevaar.

Drie van Emmies se skuts, Lufan Janse van Rensburg, Ethan Warren en Abrie Steyn is in die Noordwes-span opgeneem wat in die Oktobervakansie in Limpopo gaan deelneem.

Ander leerders het hul ook uiters goed van hul taak gekwyt:

  • Nickayla Cilliers is aangewys as die 0/12 skut wat die beste vordering getoon het.
  • Lufan Janse van Rensburg is aangewys as skut van die jaar.
  • Ethan Warren het ‘n algehele derde plek behaal in die sporters afdeling met ‘n telling van 701.
  • Lufan Janse van Rensburg was algeheel eerste met ‘n telling van 383 in die pistole afdeling en het ‘n volkaart geskiet.
  • Nikayla Cilliers was algeheel vyfde in die pistole afdeling met ‘n telling van 305.

“Ons is trots op elke skut wat deelgeneem het en wens die span sterkte toe met die SA’s,” het die skool op sosiale media gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button