Local newsSportSport

Sterk naweek vir Gimmies se krieketspanne met drie oorwinnings

Gimmies se krieketspanne het die naweek gewys hulle kan kolf én boul. Drie van die vier spanne het oortuigende oorwinnings behaal, met uitblinkers wat die skare trots gemaak het.

Gimmies se krieketspanne het die afgelope naweek hul vaardigheid en spanwerk op die veld gewys.

Vier spanne het Noordwes liga bepalings gespeel, met drie indrukwekkende oorwinnings en een naelbyt nederlaag. Die vorige naweek het die Gimmies spanne al vier hulle wedstryde gewen.

Die o.15A-span het teen Bergsig gespeel. Bergsig is vir 53 lopies uitgeboul, met Bernard Judels en Pieter Scholtz wat elk drie paaltjies geneem het. Gimmies het daarna met selfvertroue geantwoord en 56 sonder verlies aangeteken. Wico Cato en Victor Scheepers het elk 23 lopies bygedra en die span het met 10 paaltjies gewen.

Teen Wesvalia het die o.15B-span se boulers uitgeblink. Wesvalia is vir 112 lopies almal uit geboul, hoofsaaklik danksy Keagan Nel se merkwaardige sewe paaltjies. Met die kolf het Caleb Diederiks (34) en Keagan Nel (29) die span tot 113/2 gehelp. Gimmies het die wedstryd met agt paaltjies gewen.

Die eerstespan het Matlosana Hub die stryd aangesê en die wedstryd oorheers. Matlosana kon slegs 77 aanteken, met Jahndré Coetzee wat drie paaltjies en Ruhann Steenkamp wat twee geneem het. Gimmies het met selfvertroue geantwoord en 81/1 aangeteken. Ulrich Botha (37), Lukas Kotze (24) en Christivan Coetzer (17) het die lopies gemaklik bymekaar gemaak en die span het met nege paaltjies gewen.

Die tweedespan het ’n taai wedstryd teen Rustenburg (RHS) gehad. Gimmies het 198 aangeteken met Francois Smith (48) en Pienaar Heenop (39) wat die meeste lopies bygedra het. RHS het egter met 203/6 geantwoord en die wedstryd met vier paaltjies gewen. Louis van Niekerk het drie paaltjies geneem, maar dit was net-net nie genoeg nie.

Ondanks die tweedespan se nederlaag, het die Gimmies-krieketspelers as geheel groot trots en gees op die veld getoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button