Local newsSport
Boys High buig die knie teen Schoonspruit
Hoërskool Schoonspruit het Saterdag ’n dramatiese oorwinning van 6 lopies oor Potchefstroom Boys High behaal in ’n krieketwedstryd vol spanning.
Potchefstroom High School for Boys het Saterdag die knie teen Hoërskool Schoonspruit gebuig.
Schoonspruit het die wedstryd met 6 lopies gewen.
Schoonspruit het eerste gekolf waarna hulle vir 77 lopies almal uitgehaal is. Boys High was vol hoop om die telling te klop maar Schoonspruit se boulaanval was uit die boeke uit. Hulle het die Potchefstromers almal vir 71 lopies uitgehaal.
Dit was ‘n intense wedstryd en daar was groot gejuig toe Schoonspruit die laaste paaltjie laat val.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



