Gimmies kraai koning by Noordvaal Kwarteindstryd
Die o/15A wedstryd het op Gimmies se veld plaasgevind, terwyl die eerstespanne in Middelburg gespeel het.
Potchefstroom Gimnasium se o/15A en eerste krieketspan het Saterdag in die Noordvaal Kwarteindstryd teen Middelburg Hoërskool koning gekraai.
Middelburg o/15A was eerste aan die kolf. Gimmies se o/15A-span het hulle vir 99 lopies uitgehaal. Gimmies het met 3 paaltjie gewen.
Juvan Botes het 2 paaltjies vir 3 lopies gevat, Ruben Els 2 paaltjies vir 8 lopies en Bernard Judels 2 paaltjies vir 18 lopies.
Casey Lues het 30 lopies aangeteken en Edrey van Zyl het 25 lopies aangeteken.
Gimmies se eertse span was eerste aan die kolf en moker 269 in hulle 50 beurte. Middleburg kom in, maar Gimmies haal hulle almal uit vir 162. Henré Cronje het 5 paaltjies vir 25 lopies gevat, Damian Kruger 2 paaltjies vir 22 lopies gevat en Caiden Seleka het 2 paaltjies vir 34 lopies gevat.
Caiden Seleka het boonop 74 lopies aangeteken, Christivan Coetzer 65 lopies en Ruhann Steenkamp het 39 lopies aangeteken. Gimmies klop vir Middelburg met 107 lopies.




