SportSport

KHS dra die Interhoër-kroon

KHS het vandag (Vrydag, 20 Februarie) vir Hoërskool Rustenburg (tweede algeheel) en Potchefstroom Gimnasium (derde algeheel) geklop.

KHS (Klerksdorp Hoërskool) is die Interhoër-kampioene vir die eerste keer sedert die NW Grootskole-Interhoër in die huidige formaat in 2018 ontstaan het.

KHS het vandag (Vrydag, 20 Februarie) vir Hoërskool Rustenburg (tweede algeheel) en Potchefstroom Gimnasium (derde algeheel) geklop. Rustenburg was die verdedigende kampioen vir twee jaar in ‘n ry.

Een van die sleutelfaktore tot KHS se oorwinning was goeie konsekwente vertonings op die baan en veld. Talle atlete het ook vir meer items ingeskryf en alles op die dag gegee. Dit was kop-aan-kop tussen KHS en Rustenburg tydens die Inter, met die punte wat tussen 20 en 60 punte gewissel het. Gimmies se atlete het ook puik prestasies gelewer, maar kon nie vir KHS en RHS inhaal nie. Gimmies se dogtersspan eindig ook algeheel derde tydens dié byeenkoms.

KHS vier hul Interhoër-oorwinning. Foto: KHS/Facebook.

Algeheel eindig Wesvalia vierde, Lichtenburg vyfde, Bergsig Akademie sesde, Volkies sewende en Potch High/Girls High agtste.

Liggies wen ook die Geesbeker vanjaar met hul “konstruksie en bou”-tema.

Soos gewoonlik was die 400m en aflosse aan die einde ook ’n bydraende faktor tot die oorwinning. Die aflos-items is wel effens vertraag toe ’n reënbui van ongeveer 40 minute oor die stadion toegesak het. Sodoende het die byeenkoms onder spreiligte geëindig.

Sedert 2018 het Gimmies die Interhoër vier keer gewen (2018, 2020, 2022, 2023) en RHS twee keer (2024, 2025), terwyl daar in 2019 geen uitslag was nie weens reën. In 2021 het COVID-19 gesorg dat die byeenkoms afgestel is.

Volg die Herald aanlyn en in druk vir volledige uitslae en al die groot wenners sodra dit bekend is.

Kyk die aksiefoto’s hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button