SportSport

NWU en Ikeys raak slaags vanaand

Die NWU is gereed om op hul beste te wees voor hul tuisskare op 'n volgepakte Fanie du Toit-sportgronde

Die NWU Eagles gaan vanaand (Maandag, 30 Maart) alles moet insit voor hul tuiskare op die Fanie du Toit-sportgronde teen die Ikeys van die Universiteit van Kaapstad.

Die NWU begin met Schalk du Plessis op oopkantflank in die plek van Tian van Zyl, wat nie vir die wedstryd beskikbaar is nie. Verder daar nie veranderinge in die begin 15-tal nie, met ‘n paar spelers wat op die bank inkom soos Carlo van Wijk en Zihan Bensch.

Stephan Krugel vang ‘n bal uit die lynstaan. Sy werk voorlangs sal ‘n groot rol vir die NWU speel. Foto: Luigi Bennett/Asem Engage

Stephan Krugel sal die NWU op slot aanvoer, met die wete dat ‘n oortuigende oorwinning ‘n tuis halfeindstryd sal bevestig.

“Ek is baie opgewonde oor die karakter van die span. Ons het ‘n groot geleentheid vanaand. Ikeys is ‘n sterk span wat harde rugby speel en ek sien uit na die stryd,” noem hy.

Volgens Krugel het sy span ten spyte van hul 30-26 nederlaag teen Maties verlede week, nie opgegee nie.

“Dit was vir my goed om te sien hoe ons op verdediging aangehou veg het. Dit motiveer ons, veral omdat verdediging toernooie wen op die einde van die dag,” noem hy.

Krugel voeg ook by dat hy glo dat hul verdediging ‘n bepalende faktor vir ‘n sege teen Ikeys kan wees.

Die wedstryd teen Ikeys skop om 19:00 af.

NWU teen Ikeys-span:

Begin 15-tal:

  1. Alethwa Buthelezi
  2. Jordan McLoughlin
  3. Jason Oosthuizen
  4. Stephan Krugel (kaptein)
  5. Rianiel Turner
  6. Ricardo Fourie
  7. Schalk du Plessis
  8. Guhan du Bois
  9. Zack Serfontein
  10. Ruan van Willing
  11. Logan Janeke
  12. Leejay Petersen
  13. Matthew Fortuin
  14. Luyolo Doyi
  15. Luan van der Walt

Reserwes:

  1. Hanro Venter
  2. Bradley Stanfliet
  3. Carlo van Wijk
  4. Zihan Bensch
  5. Sean Roulston
  6. Gary Otto
  7. MJ Mostert
  8. Jamiane Dampies

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button