SportSport

Volkies en Centurion lewer kompeterende rugbyskouspel

Volkies het vyf uit die nege wedstryde teen Centurion gewen.

Volkskool se rugbyspanne het gemengde uitslae beleef in hul Virseker Noordvaalbeker-wedstryde teen Hoërskool Centurion op Saterdag 30 Mei.

Volkies se eerstespan het met 29-21 verloor, terwyl die jonger ouderdomsgroepe (o14 en o15) albei goeie oorwinnings behaal het.

Dit was oor die algemeen ‘n baie kompeterende rugbydag tussen Volkies en Woeries. Volkies is ná vier rondtes steeds onderaan die Bowl-Wes-punteleer op 80 punte, net agter Bergsig Akademie, wat in die vyfde plek op 82 punte staan.

Volkies speel komende Saterdag (6 Junie) weg teen Bergsig Akademie.

Uitslae teen Centurion:

  • o14A: Volkskool wen 12-7
  • o14B: Volkskool wen 56-0
  • o15A: Volkskool wen 15-8
  • o15B: Volkskool wen 34-10
  • o16A: Centurion wen 43-7
  • o16B: Centurion wen 15-10
  • Derde span: Centurion wen 45-10
  • Tweede span: Volkskool wen 14-12
  • Eerste span: Centurion wen 29-21

Puntestand na vier wedstryde:

  1. Potchefstroom Gimnasium: 105.5
  2. Midstream College: 100
  3. Hoërskool Jeugland: 93
  4. Hoërskool Centurion: 91.5
  5. Bergsig Akademie: 82
  6. Hoër Volkskool Potchefstroom: 80

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button