SportSport

Gimmies steeds boaan Virseker Noordvaalbeker punteleer

Al het Gimmies boaan die Bowl-Wes punteleer geëindig moet hul steeds oorkruiswedstryde weg teen Merensky in Tzaneen gaan speel.

Potchefstroom Gimnasium se rugbyspanne het hul plek boaan die punteleer van die Virseker Noordvaalbeker bevestig na die laaste wedstryde van die Bowl-Wes afdeling teen Hoerskool Jeugland op Mooivalleipark die afgelope Saterdag, 6 Junie.

Gimmies het ses van die nege wedstryde gewen. Dit sluit al die A-span wedstryde in, behalwe die o15A’s wat 15-21 verloor het.

Gimmies se eerste rugbyspan het met 40-35 teen die manne van Kempton Park gewen.

Na hierdie uitslae eindig Gimmies op 134.5 punte en sal nou teen die vierde gekeurde Merensky in die Bowl-Oos afdeling in ‘n oorkruiswegwedstryd in Tzaneen komende Saterdag (13 Junie) speel.

Uitslae:

  • O14A: Gimmies 29-3 Jeugland
  • O14B: Gimmies 29-26 Jeugland
  • O15A: Gimmies 15-21 Jeugland
  • O15B: Gimmies 15-28 Jeugland
  • O16A: Gimmies 45-10 Jeugland
  • O16B: Gimmies 39-10 Jeugland
  • O19C: Gimmies 12-13 Jeugland
  • O19B: Gimmies 42-10 Jeugland
  • O19A: Gimmies 40-35 Jeugland

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button