SportSport

Virsekerbeker kwartfinale hierdie Saterdag

Gimmies se o14A- en o15A-spanne speel in twee tuiswedstryde op die Mooivalleisportgronde

Dit is hierdie komende Saterdag, 1 Augustus, maak of breek vir Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom se rugbyspanne in die Noordvaal Virsekerbeker.

Gimmies het boaan die BowlWes-afdeling geëindig, met vier spanne wat in die kwarteindronde gaan deelneem. Hul eerstespan speel in ‘n wegwedstryd teen Hoërskool Hugenote van Springs.

Gimmies se o14A- en o15A-spanne speel in twee tuiswedstryde op die Mooivalleisportgronde, albei teen Hoërskool Die Anker van Brakpan.

Die o14A’s draf om 09:00 uit en die o15A’s om 10:00. Gimmies se o16A’s speel weg teen Hoërskool Dinamika van Alberton.

Volkies se eerste rugbyspan is die enigste A-span wat die kwarteindronde bereik het. Hulle sal in ‘n wegwedstryd teen Hoërskool Brandwag van Benoni te staan kom. Hulle het verlede naweek Merensky met 36-10 geklop om hul bekerdrome lewendig te hou.

Vir Volkies is die relegasiestryd steeds iets wat hulle sal wil vryspring. Ten spyte van ‘n goeie naweek teen Merensky op eie bodem het Volkies onderaan die Bowl-Wes-afdeling geëindig.

Hulle is negende uit 12 skole op die gekombineerde puntetabel (Wes en Oos). Al drie skole onder hulle (Merensky, Hugenote en Die Anker) het egter twee spanne in die kwarteindronde, waarmee hulle nog punte kan insamel.

Indien Volkies se eerste span wen, kan hulle moontlik die relegasie vryspring, mits die ander skole hul wedstryde verloor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button