SportSport

NWU en Tukkies gaan mekaar vanmiddag op die netbalbaan pak

Die Eagles gaan nou vanmiddag om 17:00 teen Tukkies te staan kom in hul eerste groot toets van die Varsity Netbal-seisoen.

Die verdedigende Varsity Netbalkampioene het hul 2026 Varsity Netbalveldtog met ’n gemaklike 74-31-oorwinning teen die NMMU Madibaz op Sondag, 23 Augustus, in Stellenbosch begin.

Die verwagtinge is groot dat die NWU weer een van die aanspraakmakers in vanjaar se kompetisie sal wees.

Hulle het dit bewys nadat hulle reeds teen rustyd met 44-17 voorgeloop het, met Sunel Smit wat die doele aangeteken het.

Hierdie telling het deurgaans vergroot, met die span wat soos ’n eenheid gespeel het.

Christi-Mari Coetzee is as die speler van die wedstryd-toekenning teen die Madibaz gewen. Foto’s: Varsity Sports

Die oud-Gimmie, Christi-Mari Coetzee, is as die speler van die wedstryd aangewys.

“Ons voel baie voorbereid vir die wedstryd teen Tuks. Dit gaan ;n wedstryd van hoe intensiteit wees. Vandag het ons goed beheer gehou in ons eerste wedstryd,” het sy na die wen teen die Madibaz genoem.

Die Eagles gaan nou vanmiddag om 17:00 teen Tukkies te staan kom in hul eerste groot toets van die seisoen.

Elsunet du Plessis is weet aan die stuur as hoofafrigter.

Tukkies het hul wedstryd teen Kovsies met 55-58 verloor en sal graag teen die NWU op die wenpad wil kom.

’n Ander verrassing was toe UJ vir Maties gister met 46-39 geklop het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button