Volkies se eerste krieketspan het nog ’n oorwinning in die Noordwesliga ingepalm met ’n ses paaltjie-oorwinning teen KHS die afgelope Saterdag, 29 Augustus, by Volkies.
Volkies se boulers het die grondslag vir die oorwinning gelê toe hulle KHS gemaklik vir 129 uitgeboul het. Teen 11:00 was KHS se kolwers terug in die kleedkamer.
Zander Nel het drie paaltjies geneem.
Volkies het ook ’n paar vroeë paaltjies verloor, maar AW van der Merwe het stabiliteit en aggressie met ’n puik 70* van 46 balle gebring. Hierdie hotklou het enige bal wat te vol was met elegansie gedryf en enigiets op sy bene na die grens gemoker.
Volkies se tweede span het ook ’n goeie sewepaaltjie-oorwinning behaal toe hulle Lichtenburg Hub vir slegs 56 uitgeboul het. Volkies se Pierre Joubert het hier vyf paaltjies geneem.



