SportSport

Ferdie se passie vir bergfiets bring haar sukses

Hierdie Ferdie het derde algeheel vanjaar in die o19 vroue-kategorie geëindig.

Ilné du Preez het haar hoërskoolloopbaan op die perfekte wyse afgesluit toe sy in die Noordwes-bergfietsspan ingesluit is vir die nasionale kampioenskappe wat vanaf 1-3 Oktober plaasvind.

In vyf jaar by Ferdies het Ilné nie een bergfietswedren gemis nie en elke wedren voltooi. Sy het ook ’n spesiale “Ek is bang ek mis iets”-trofee ontvang by die onlangse Noordwes Skolebergfiets-prysuitdeling.

Van Graad 8 tot Graad 12 het Ilné elke jaar haar Noordwes-kleure vir fietsry verwerf. Sy is ook vanjaar deel van die Caracal Velocity-bergfietsklub. Sy het ’n borgskap vir die jaar ontvang en is ook aangewys as een van slegs ses ambassadeurs vir die klub in 2026.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button