Marco en Duan Jansen sal vandag vir die eerste keer vir die Proteas in internasionale krieket in dieselfde wedstryd uitdraf. Foto: Krieket Suid-Afrika/Facebook
27 September sal vir altyd ‘n spesiale dag vir die Jansen-familie wees met die tweeling, Marco en Duan Jansen, wat vir die eerste keer in dieselfde beginspan vir die Proteas uitdraf.
Beide Jansen-broers, wat oud-leerders van Potchefstroom Gimnasium is, speel vandag teen Australië op die Wanderers in die tweede eendagwedstryd van hierdie reeks.
Marco en Duan se boulstyl is ook baie dieselfde en die Aussies mag dalk nie dit geniet om teen twee 2 meter lange boulers te kolf nie.
Suid-Afrika het eerste gekolf en is tans op 308/6 met Marco op 19 lopies gemoker het. David Miller is op 124*. Duan 1* (3) is tans saam met Miller op die kolfblad.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.